To the Honest Boy on the Beach

Liewe Seun,
Ek skat jou omtrent 11 jaar oud, maar my magtig, gister het jy my hart gerokkel. Jy het my geloof en hoop in die toekoms van ons land so beklemtoon dat ek spraakloos was in jou eerlike aksies.

Jy kon so maklik aan gehardloop het en jou vriende en selfs jou familie bederf het. Maar nee, jy het aan my skouer getik en gese.

“Auntie, is die auntie se geld? Ek het dit nou hier opgetel” terwyl jy opgevoude honderd rande in my hand druk.

Ek was heeltemal verras, en het glad nie gedink dat dit my geld was nie, totdat ek opstaan en in my broeksak rondvoel vir my R300. Dis eers in hierdie oomblik wat ek besef dat ek my geld verloor het! By noual het jy die pad gevat om te speel met jou vriende op die strand. Min gepla, gelukkig in die sand met jou maatjies.

Seun, ek het nie jou naam gekry nie, die strand was so baie besig gister, maar ek wil net weer vir jou baie dankie sê, en ek hoop julle het almal jul roomys geniet! Jou ouers, familie en vriende kan so baie trots wees op jou, want ek weet ek is!

My dear child, your honesty is so refreshing. My hopes for you is that you remain strong to the values and morals that your parents have clearly instilled in you. You truly added an extra glow to my day yesterday. Thank you.

Van die Auntie of Vishoek strand.

Chevone Petersen