Sonskyn Kinders

Ek sit nou hier en dink aan hoe ‘n lieflike, passievolle, en kleurvolle taal Afrikaans is! Dus, hierdie pos, wat ek nou skryf in my moedertaal, ‘n taal wat ek donkiejare laas van pen tot papier neer gesit het!!

My seun het ‘n baie goeie begrip van die taal, maar kan dit nog nie so vlot praat nie. Ek het maande voor sy geboorte besluit om hom Engels groot te maak, die taal van die wêreld. Geleenthede is maar bittermin as jou moedertaal besig is om uit te sterf! Ek moes reeds in Gr.10 al my vakke verander na Engels omdat die hoërgraad onderwysers nie so goed in Afrikaans kon les gee nie!

So nou,jare later, daag ek myself uit om vir al die mammas ‘n gediggie te skryf…
Sonskyn Kinder

Hoe lieflik is die skemer nag
Hoor die klein kinders lag
Voetjies stap
Sag, sag, sag

Ek luister diep in die nag
Hul glimlag, hul handjies
Ons grootste verbond
Die kosbare kindertjies
Van ons land

Ons stap deur diep sagte sand
Ek, jy
Moeders van hierdie land
Hou nou hul hand
Koester hul saggies
Teen jou hart se kant

Bemin, bewaak en beskerm
Sonskyn kinders van ons land