Mensdom

Moedeloos, die mensdom
Agterbaks
Die stories in my donker kas
Wanhoop
Die duister wat aan my tuister
Berading
Saggies stap dit nader
Gebroke
Die skreeu dood van die skade
Gebede
Die mens wat net nie kan vergewe
Gewete
Die agterstewe van my verlede
Bemin
Die dinge wat hartseer bring
Wanhoop
Die weerstand teen genade doop
Herstel
Die versoening met opreg bedoeling
Genees
Die om U tafel met U eerbare gees