Die Vreemdeling | Tandem Blog

Jou oë, soos donderweer, ruk my hart
Verdriet, verlore, sit jy plat
In die verte glimmer ‘n siniese lag
Soos ek jou onthou deur die dag

Kaalvoet, verwaarloos en haweloos
Jou siel geuis en jou hart gekluis
Jou kleine vuur geblus
Geloof en hoop, plat gedruk

Vreemdeling
Jy rokkel my hartsnare
Jou oë weerkaats my eie kwesbaarheid
Jy is ek, en ek is jy . . .
Dieselfde bloed vloei deur ons are

Vreemdeling,
Jy is ek, en ek is jy . . .


“Die Vreemdeling”, is die week se tandem blog titel. 3 Bloggers, 1 titel – gepubliseer op dieselfde dag en tyd. Lees my mede Bloggers se interpretasie van Die Vreemdeling by die skakkels wat volg. Jul kommentaar is welkom.

Celeste: Surviving Jonkersville

Shelley: The Deal Is

 

About Me